Korrosie-inhibeerder

In chemie is 'n korrosie-inhibeerder of anti-korrosiemiddel 'n chemiese verbinding wat, wanneer dit by 'n vloeistof of gas gevoeg word, die korrosietempo van 'n materiaal, tipies 'n metaal of 'n legering, wat met die vloeistof in aanraking kom, verlaag.[1] Die doeltreffendheid van 'n korrosie-inhibeerder hang af van vloeistofsamestelling, hoeveelheid water en vloeiregime. Korrosie-inhibeerders word algemeen in die industrie gebruik, en word ook in oor-die-toonbank middels aangetref, tipies in spuitvorm in kombinasie met 'n smeermiddel en soms 'n deurdringende olie. Hulle kan by water gevoeg word om uitloging van lood of koper uit pype te voorkom.[2]

'n Algemene meganisme om korrosie te rem, behels die vorming van 'n deklaag, dikwels 'n passiewe laag, wat toegang van die korrosiewe stof tot die metaal belemmer. Permanente behandelings soos verchroming word egter nie in die algemeen as inhibeerders beskou nie, inteendeel korrosie-inhibeerders is bymiddels in vloeistowwe wat die metaalvoorwerp omring.

  1. Hubert Gräfen, Elmar-Manfred Horn, Hartmut Schlecker, Helmut Schindler "Corrosion" Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry, Wiley-VCH: Weinheim, 2002. doi:10.1002/14356007.b01_08
  2. "Optimal Corrosion Control Treatment Evaluation Technical Recommendations for Primacy Agencies and Public Water Systems" (PDF). United States Environmental Protection Agency. 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search